GEORGE NEWS - The latest water level update from George Municipality on 19 September, showed the percentage storage at the new raised dam wall height at 91,45 %.
Why are there water restrictions in George if the dam is nearly full?
- Above average rainfall in first 6 months of 2023 has kept Garden Route Dam level high.
- Dam level has dropping steadily now due to lower rainfall.
- Kaaimans Pumpstation adds raw water to dam and is being refurbished, completion due July 2024.
- Our two existing Water Treatment Works purify 38 Ml per day.
- Current peak water usage averages 42 Ml per day and will increase in Summer.
- All our purified drinking water is used daily and there is no spare capacity.
- New 20 Ml per day extension to the Water Treatment Works is under construction at a cost of approx R 520 million.
- The civil works will be completed by June 2024.
- The mechanical, electrical and instrumentation installations will be completed in early 2025.
Water restrictions remain in place to reduce and manage the demand for potable (drinking) water.
South Africa is a water scarce country. All residents should, as a general principle, use potable (drinking) water sparingly at all times.
Follow this link for Water Saving Tips and details on Restrictions
#VINNIGE FEITE: Waterbeperkings
Hoekom is daar waterbeperkings in George as die dam amper vol is?
- Bogemiddelde reënval in die eerste 6 maande van 2023 het die Tuinroetedamvlak hoog gehou.
- Damvlak het nou geleidelik gedaal as gevolg van laer reënval.
- Kaaimans Pompstasie wat rouwater by die dam voeg , word opgeknap en sal teen Julie 2024 voltooid wees.
- Ons twee bestaande Waterbehandelingswerke suiwer 38 Ml per dag.
- Huidige spitswaterverbruik is gemiddeld 42 Ml per dag en sal in die somer toeneem.
- Al ons gesuiwerde drinkwater word daagliks gebruik en daar is geen spaarkapasiteit nie.
- Nuwe 20 Ml per dag uitbreidings aan die Waterbehandelingswerke is in aanbou teen 'n koste van ongeveer R 520 miljoen.
- Die siviele werke sal teen Junie 2024 voltooi wees.
- Die meganiese, elektriese en instrumentasie-installasies sal vroeg in 2025 voltooid wees.
Waterbeperkings bly in plek om die vraag na drinkbare water te verminder en te bestuur.
Suid-Afrika is 'n waterskaars land. Alle inwoners moet, as 'n algemene beginsel, drinkbare water te alle tye spaarsamig gebruik.
Volg hierdie skakel vir waterbesparingswenke en besonderhede oor beperkings.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’