Lede van die SA Polisie se Openbare Orde Direktoraat en munisipale wetstoepassers het die munisipale amptenare bygestaan en daar is berigte ontvang van die gebruik van traangas toe inwoners oproerig geraak het.
Plek-plek in Sewende Laan is die skade van die mees onlangse diensleweringsprotes nog sigbaar met brandmerke op die ryvlak van paaie.
Vanoggend het inwoners weer buitebande gebrand en klippe op die ryvlak gepak om verkeer te ontwrig.
Die Mosselbaai Munisipaliteit is vir kommentaar gevra.

Vanoggend het inwoners weer buitebande gebrand en klippe op die ryvlak gepak om verkeer te ontwrig.

Protesoptrede het weereens gevolg na die Mosselbaai Munisipaliteit se besluit om onwettige kragtoevoere in die Sewende Laan- en Asla Park-woonareas van KwaNonqaba vanoggend vroeg af te sluit.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'