HEROLD NUUS - Herold se gemeenskapspolisiërings-forum (GPF) het op Saterdag 20 Augustus 'n spesiale geleentheid vir vroue van die omgewing by die NG Kerk Herold se kerksaal gehou.
Sowat 120 vroue is heerlik bederf en ver-maak terwyl hulle koffie en 'n soetigheid kon geniet.
Na 'n openingsgebed is 'n kers aangesteek ter ere van mishandelde vroue.
In sy boodskap aan die vroue, het die Tuinroete se distriksbevelvoerder, gen.maj.
Norman Modishana, die vroue bemoedig en inspireer om bo hul omstandighede uit te styg. Chayneek Ewerts en Aa'Sihah Alexander het ook hul eie verhale met die vroue gedeel terwyl Herold se vrouegebedsgroep met gebede en boodskappe bemoedig het.
Die Skinderbekkies van Meulrivier het die gehoor met hul toneelspel vermaak en uitgebeeld waar en hoe om vir 'n beskermingsbevel aansoek te doen.
Die bederfdag is afgesluit met braaivleis en roosterkoek en elke vrou kon wegstap met 'n geskenkpakkie en 'n lied in die hart.
Daar is selfs vleis in die reën gebraai.
Chayneek Ewertse was een van die geleentheidsprekers.
Vermaaksensasie, Moses Williams, het homself as Ouma Sarie vermom.
'Ons bring jou die nuutste Herold, Tuinroete nuus'