GEORGE NUUS - Perde op die N2 is seker dié mees gevreesde oproep wat hulle kan kry.
Só sê Tuinroete DBV se bestuurder, Salomé Bruyns, ná hulle vanoggend drie perde op die N2 moes vastrek.
“Wetstoepassing het ons vanoggend gebel en gesê van die drie perde wat op die N2 tussen Pacaltsdorp en Thembalethu rondhardloop,” vertel Bruyns.
Leerlinginspekteurs, Andrea Auerbach en Werdi Alaart, is onmiddellik na die toneel waar die perde op die middelmannetjie van die hoofweg, volspoed gehardloop het.
“Andrea het my gebel en ek het ‘n tweede span uitgestuur en is self ook na die toneel. Gelukkig kon ons daarin slaag om die perde veilig in Thembalethu in ‘n erf in te jaag waar ons hulle kon vaskeer en vang,” sê Bruyns
Al drie die perde is nou veilig by die DBV.
“Perde op die N2 is een van die gevaarlikste situasies wat jy kry. Nie net vir die diere nie, maar ook vir verkeer, en ons personeel wat hul lewens in gevaar stel om die diere te vang,” sê Bruyns.
Hulle kon daarin slaag om die perde in ‘n erf in Thembalethu vas te keer en te vang.
Leerlinginspekteur, Andrea Auerbach, by een van die perde.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'