Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Ouers by ten minste twee skole in George het vanoggend geweier dat die skool sy hekke oopsluit. Die ouers van New Dawn Park Primêr en Conville Primêr vra dat die skool vir die res van die winter gesluit bly tot die Covid-19-virus onder beheer is of tot die land skoon verklaar word.
Die ouers voel dit was swak leiding van die department van onderwys om die skole gedurende die winter oop te maak wanneer die virus besig is om sy piek te bereik. Verder is hulle bekommerd oor die leerders wat volgende week veronderstel is om terug skool toe te gaan.
“As ons nie veilige afstand met ons gr. 12- en 7-leerders kon regkry nie, en waar syfers steeds gestyg het, wat gaan gebeur met kleiner kinders wat moeilik is om te beheer.”
Ruth Miller, hoof van New Dawn Park Primêr het bevestig dat ouers hulle verhoed het om die skool te betree. Hulle sou 10:00 vanoggend met Koos Eksteen, hul kringbestuurder ontmoet het.
Nicky Josephs, die voorsitter van Conville Primêr se skoolbeheerliggaam sê hulle is nou besig om met die kringbestuurder, Anton Titus, te onderhandel en hul bekommernisse te bespreek.
Kyk twee video's hieronder:
Ouer van Conville Primêr sê die department sal verantwoordelikheid moet neem as hul kinders by skool siek raak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'