Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die geskiedkundige ou tolhuis in die Montagupas, is vandag, op Erfenisdag, weer ingewy.
Die tolhuis, een van George se mees historiese geboue, is erg beskadig tydens die brande in Oktober 2018.
Tydens die geleentheid vandag is 'n miniatuur tolhuis, wat uit klip gekap is onthul. Dit is die handewerk van Joost Pyck.
By die model is inligting met braille aangebring.
Carl de Campos, 'n gesiggestremde, het vandag die braille gelees. Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'