Update
GEORGE NUUS - 'n Gedeelte van die pad naby Stanmar Motors oor die N2-snelweg is steeds vir verkeer gesluit terwyl die polisie die toneel fynkam vir leidrade.
'n Vroulike verkeersbeampte van provinsiale verkeer is vroeër vanoggend geskiet nadat sy 'n silwerkleurige Audi, met 'n Kaapse registrasienommerplaat, van die pad afgetrek het.
"Sy en haar kollegas het die Audi afgetrek nadat hulle verkeerdelik op die N2 wou afdraai. Sy het hulle genader toe vat een van die mans haar gun en skiet haar." Dit het gelyk hulle was besig om die verdagte te arresteer," vertel 'n ingeligte bron aan George Herald.
Dis onduidelik hoeveel verdagtes in die motor was, maar een verdagte is kort daarna deur die polisie geskiet in die bosse in die nywerheidsgebied agter Stanmar. Hy is in die arm en been gewond.
Daar is berigte dat 'n tweede verdagte aangekeer is, maar die polisie kon dit nie bevestig nie.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Pacaltsdorp-polisie skakel.
Die verkeersbeampte is na die hospitaal gehaas en is volgens inligting in 'n stabiele toestand.
Die polisie fynkam die toneel vir leidrade.
Een verdagte is deur die polisie geskiet in die bosse in die nywerheidsgebied agter Stanmar. Hy is in die arm en been gewond.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'