Update
GEORGE NUUS - Die moordverdagte (31) wat Saterdag in New Dawnpark in hegtenis geneem is op aanklag van moord, sal in alle waarskynlikheid vandag in die George-landdroshof verskyn.
Die verdagte is Saterdagmiddag in verband met die moord op Dyle Jantjies (50), ook van New Dawnpark, in hegtenis geneem.
Lede van die Pacaltsdorp-buurtwag en die plaaslike polisie het hom vasgetrek na hulle op 'n wenk uit die gemeenskap gereageer het.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, dui die voorlopige ondersoek daarop dat die voorval Vrydag 26 Julie omstreeks 20:35 by Aaronsirkel in New Dawnpark, Pacaltsdorp, plaasgevind het.
"Polisielede wat op patrollie was is deur gemeenskapslede van die voorval in kennis gestel. Met hulle aankoms op die toneel, het hulle die slagoffer op die grond aangetref. Hy het 'n steekwond in sy bors gehad," sê Pojie.
Lees 'n vorige artikel: Man vas ná moord in New Dawnpark
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'