Update
GLENTANA NUUS - 'n 51-jarige inwoner van Duikerlaan in Reebok het vanmiddag in die see by Glentana verdrink.
Volgens die polisie het die man saam met sy seun om 14:10 op 'n kajak geroei terwyl sy vrou en hul ander kinders op die strand was. 'n Golf het na bewering die kajak omgeslaan.
Polisie sê die seun kon daarin slaag om na die strand terug te swem.
Lewensredders het die man te hulp gesnel en hom na die strand geneem. Drie dokters wat toevallig op die strand was het probeer om die man by te bring maar hy is op die toneel dood verklaar.
Die man se identitiet kan nie bekend gemaak word tot al sy familie van sy dood ingelig is nie.
Die Groot-Brakrivier-polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen.
Lees 'n vorige nuusflits: Drowning at Glentana
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'