GEORGE NUUS - Drie persone, een met kritieke beserings, is vroeër vanoggend deur ER24-paramedici na die hospitaal vervoer ná 'n motorongeluk op die Outeniquapas.
Volgens voorlopige inligting wil dit voorkom asof die VW-motor, met twee insittendes, oor die pad gegly en met 'n aankomende Roelcor-vragmotor gebots het.
Die vragmotor was onderweg na Oudtshoorn. Die bestuurder van die vragmotor het slegs ligte beserings opgedoen.
Die ander persoon in die VW is met ernstige beserings na die hospitaal geneem.
Metro-ambulansdienste was ook op die toneel waar hulle gehelp het om pasiënte uit die wrak te haal.
Paramedici op die toneel. Foto's: ER24
Een persoon is met ernstige beserings is in die hospitaal opgeneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'