Update
GEORGE NUUS - Die kanse is baie goed dat vanjaar se Outeniqua-rolstoelwedren (OCC) op 15 Februarie, by Carpe Diem aangebied gaan word. Dit is verlede jaar by Halfway Toyota in Courtenaystraat aangebied.
Finaliteit sal later die week (Donderdag 23 Januarie) verkry word wanneer die reëlingskomitee weer vergader.
Die verskuiwing na 'n ander venue het verlede weke tydens vanjaar se eerste vergadering ter sprake gekom. Vrae oor die geskiktheid van die huidige venue is gevra. Iona Kritzinger, 'n burgemeesterskomiteelid van die George-stadsraad, was een van die eerstes om die aangeleentheid te opper.
'n Lewendige bespreking het gevolg en daar is besluit dat ondersoek ingestel moet word na 'n alternatiewe terrein.
As dit by Carpe Diem aangebied word, sal dit die eerste keer wees.
Alewijn Dippenaar, die geleentheidsdirekteur van die OCC 2020, het Dinsdag gesê die geleentheid gaan skuif.
Na verlede week se vergadering is al die moontlike opsies ondersoek. "Dit lyk of Carpe Diem die beste opsie is. Die aangeleentheid sal Donderdag gefinaliseer word."
Volgens Dippenaar het Carpe Diem reeds ingestem dat die skool gebruik kan word. Die skool is ideaal, want baie van die atlete gaan daar tuis en die skool is ook gestremdvriendelik.
Dippenaar het gesê reëlings vir vanjaar se geleentheid is op koers. Na verwagting sal tussen 800 en 1 000 atlete vanjaar deelneem. As die organiseerders meer geld vir die vervoer van atlete kan kry, kan dit selfs verhoog tot 1 500 atlete.
Prysgeld vir vanjaar se geleentheid is verhoog. In die stadium is daar voldoende fondse. As meer geld ontvang word, kan die geleentheid beter aangebied word en byvoorbeeld etes tydens die Vrydagaand se verwelkomingsgeleentheid aan atlete voorsien word.
Dippenaar het gewys op die belangrike rol wat vrywilligers in die aanbied van die geleentheid speel. Sowat 400 vrywilligers word benodig wat kan optree as beamptes en help met die afhandeling van verskeie take.
Mense wat belangstel kan hom kontak by 082 457 5675 of 'n e-pos stuur aan dyndev@mweb.co.za.
A final announcement will be made later this week regarding a new venue for the Outeniqua Wheelchair Challenge (OCC) 2020. Questions have been asked about the suitability of the current venue at Halfway Toyota in Courtney Street. It was agreed that the possibility of another venue must be investigated. Alewijn Dippenaar, the event director, said on Tuesday it looks if Carpe Diem School is the best option.
Lees vorige arikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'