GEORGE NEWS - Work on the Gwaing River bridge project on the N2 near George has been halted, but Sanral is divulging no details.
According to a daily passer-by, the construction site has been dead quiet for at least the past two weeks. "I pass by daily and the site is usually very busy and full of machinery and construction vehicles, but no soul has been around for the past two weeks," said the motorist.
Upon enquiry, Randall Cable, Sanral's Western Region Manager, confirmed they are aware of the "slowed progress" on the project.
"Sanral is in discussion with the contractor, KPMM Construction (Pty) Ltd, to better understand the situation and take the necessary action where required."
Aksiegroep eis antwoorde oor Gwaiing
"Hoekom moet ons aanhou om aan die agterste speen te suig?" So vra die Gwaiingrivieraksiegroep wat ongelukkig is oor die toestand van infrastruktuur by Gwaiingriviermond digby Pacaltsdorp.
Hulle vra dat die aangeleentheid vir eens en altyd op die spits gedryf word. Dit kom teen die agtergrond van 'n verklaring van die George-munisipaliteit verlede week waarin verwys is na voortgesette vandalisme by Gwaiing-strand. Toilette, vensters en pype is beskadig.
Luidens die verklaring sal dit sowat R30 000 kos om geriewe by die strand weer te herstel wat voortspruit uit vandalisme tydens die nag van 29 Maart. Onlangs is 'n lewensreddertoring in 'n brand ook beskadig en dit sal sowat R150 000 kos om te vervang.
Blanche Benjamin, voorsitter van die Gwaiingrivieraksiegroep, het by navraag gesê die situasie by Gwaiing kom al 'n lang pad. Dit lyk of die jongste beskadiging moedswillig was. Hulle wys nie vinger nie en wil net weet wat gebeur het. Die strand is verlate en daar is geen sekuriteit nie.
Die aksiegroep het verlede week 'n ontmoeting met dr. Michelle Gratz, die waarnemende munisipale bestuurder en Allen Paulse, direkteur vir gemeenskapsdienste gehad. Die aksiegroep het hulle ingelig oor die jongste stand van sake en ook sekere vrae aan hulle gegee vir beantwoording.
Die aksiegroep wil onder meer weet hoekom is daar nie behoorlike aanwysingsborde na Gwaiing toe nie. "Die situasie daar kan nie so aangaan nie. Dit gaan oor die veiligheid van mense. Hoekom word die regte dinge nie gedoen nie?" wou sy weet.
Na aanleiding van die verklaring wat na die ontmoeting uitgereik is, het hulle ook vrae oor die kostes van die skade wat deur munisipaliteit voorgehou word. Volgens Benjamin was die lewensreddertoring in elk geval onveilig en dit kon nie gebruik word nie.
Sy het benadruk dat die aksiegroep enige ontwikkeling en uitbreiding soos byvoorbeeld hotelle en restaurante, sal teenstaan.
Die George-munisipaliteit het in reaksie gesê hy volstaan met die verklaring wat op 8 April in George Herald gepubliseer is. Allen Paulse, direkteur vir gemeenskapsdienste, het aangedui dat hy van voorneme is om 'n vergadering met die aksiegroep te reël.
The Gwaiing Action Group wants answers about the situation at the beach and Gwaiing River Mouth. They reacted to a statement by the George Municipality that was released last week. It states that ongoing vandalism at Gwaiing beach has become extremely costly with ablution facilities seriously damaged and the lifeguard lookout tower recently burnt down.
'We bring you the latest George, Garden Route news'