GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die N2 tussen Groot-Brakrivier en Glentana, in die rigting Mosselbaai sal na verwagting nog vir etlike ure gesluit wees nadat twee vragmotors in die vroeë oggendure in 'n botsing betrokke was.
Polisiewoordvoerder sersant Chantel Marais sê 'n voorlopige ondersoek dui daarop dat 'n bestuurder beheer oor die een vragmotor verloor het. "Sy passasier is oorlede."
Marais sê 'n vragmotor wat in die teenoorgestelde rigting gery het, het met die vragmotor wat die pad verlaat het gebots.
Marais sê 'n voertuig wat by die ongeluk stil gehou het se bestuurder is ook dood nadat die aankomende vragmotor in hom ook vasgery het.
Die voorval het om ongeveer 03:30 vanoggend gebeur.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'