GEORGE NUUS - Aanhangers het Vrydagaand, 8 Junie, die gemak van 'n warm bed prysgegee om lewendige optredes deur Musisean, Shaun Botha, en ander plaaslike talent by George-kunsteteater te geniet.
Die gehoor was in hulle noppies toe Musisean sy bekende treffer, Dis lekker by die see, opvoer.
Ander kunstenaars wat die gehoor vermaak het sluit, Andy Mouton, Hakkiesdraad Hartman, Moses Williams en Aphiwe Nqevu, in.
Drie gelukkige persone het weggeloop met geskenkpakkies ter waarde van R3000 in die gelukkige trekking.
Die gehoor was in hulle noppies toe Musisean sy bekende treffer, Dis lekker by die see, opvoer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'