GEORGE NUUS - Drie studente van die George-musiekskool het vanjaar uitstekend gevaar by die George Eisteddfod.
Henco Bester, 'n gr. 5-leerder van Laerskool Outeniqua, was een van die toppresteerders by vanjaar se George Eisteddfod.
Hy het die Junior Veelsydigheidsbeker ontvang vir sy sang- en dramaprestasies en het die Junior Trofee vir Rock, Pop en Jazz ook vir sy sang verower.
Henco word reeds van sy kleuterdae af onderrig deur Alet Koch-Lochner, eienaar van die George-musiekskool.
Sy dramadosent is Trudie Niehaus.
Hy is ook gekies vir die Mosselbaai Eisteddfod-feeskonsert vanjaar.
"Henco se talent is veral musikale teater en hy is eenvoudig verlief op sang en drama," sê Koch-Lochner.
Katya de Jager van Laerskool Blanco het vanjaar die Junior Vokale-bekers verower en Anneke Coetzee van Hoërskool Outeniqua het die Senior Pop-, Rock- en Jazz-bekers ingepalm.
"Ek is bitter trots op hierdie talentvolle studente," het Koch-Lochner gesê.
'We bring you the latest George, Garden Route news'