Update
GEORGE NUUS - 'n Inwoner van Touwsranten het vandeesweek opnuut kommer uitgespreek oor die klaarblyklike toename in die aantal plakkers in die gebied.
George Herald het in Januarie berig oor plakkershutte wat sedert die einde van verlede jaar begin opskiet het en glo meestal mense van die Oos-Kaap huisves.
In daardie stadium het die George-munisipaliteit bevestig daar is volgehoue pogings om grond in Touwsranten te beset en dat onwettige besettings hoofsaaklik gedurende die nag plaasvind wanneer amptenare nie aan diens is nie.
Toe die koerant vroeër die week weer navraag gedoen het, het die munisipaliteit gesê die owerheid is ten volle bewus van al die aspekte rondom die onwettige besetters.
"Ons kan bevestig dat die saak in die regsdomein is en aandag geniet. Die saak is sub judice en die munisipaliteit sal nie kommentaar lewer rondom enige aspek wat 'n impak op die regsproses kan hê nie."
'n Paar van die strukture waar die besetters hulself tuisgemaak het.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'