TUINROETE NUUSFLITS - 5 Insittendes is vanoggend, 16 Desember omstreeks 07:20, lig beseer toe hul motor op die N2 net buite George gerol het.
Die motor het sowat 2km na die Glentana-afrit in die rigting van Mosselbaai die pad verlaat en op sy dak te staan gekom.
'n Band het na bewering gebars waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.
Die voertuig het 2 keer gerol voor dit tot stilstand gekom het.
Al 5 pasiënte is na 'n hospitaal in Mosselbaai geneem.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Die motor het die pad verlaat en op sy dak te staan gekom.
5 Insittendes is lig beseer toe hul motor gerol het.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'