GEORGE NUUS - Inwoners van Seaview in Bluegumstraat, Pacaltsdorp, oorkant die informele nedersetting Moeggeploeg, het verlede nag weer ‘n gewoel by ‘n kragboks in die straat gehoor.
“Hulle is al weer besig om onwettige konneksies te maak. Ons kan nie eens meer die sake aangee nie, want ons name kom by hulle uit en ons word getarget,” het een inwoner gesê.
“Hier is klein kinders wat hier woon. Hulle kan lelik seerkry.”
Volgens ‘n ander inwoner is daar ‘n vars sloot gegrawe wat dui op onwettige kragkoppelings.
Kommentaar van George-munisipaliteit word afgewag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'