Forensiese deskundiges sowel as lede van die Outeniqua K9-honde-eenheid is na die toneel ontplooi en alle leidrade word opgevolg.
Die polisie het 'n beroep op die publiek gedoen om met inligting oor die voorval navore te kom. Persone met inligting kan die ondersoekbeampte, sersant Cloete by die Gesinsgeweld, Kinderbeskermings- en Seksuele misdrywe-eenheid kontak by 044 803 4618/9.