GEORGE NUUS - Die liggaam van ‘n man is vanoggend omstreeks 05:45 deur die polisie by Voëlklip gevind.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, het bevestig dat die oorledene van Mosselbaai is.
“’n Vermiste persoon is vroeg vanoggend in Mosselbaai aangemeld. Sy motor is deur die polisie bo by Voëlklip aangetref. Die man se liggaam is deur die NSRI aan die onderkant van Voëlklip uit die water gehaal,” het Spies gesê.
Die identiteit van die man sal eers bekend gemaak kan word nadat sy naasbestaandes in kennis gestel is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'