TUINROETE | KAROO NUUS - Op 1 September word die jaarlikse Loslitdag vir persone met gestremdhede gevier.
Loslitdag is die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede (NCPD) se vlagskip-bewusmakings- en fondsinsamelingsprojek.
Die publiek se bydrae van R20 vir 'n Loslitdag-plakker gee hulle die reg om hul individuele interpretasie van die jaarlikse tema, wat dié jaar Share a Smile is, deur hul uitrustings uit te beeld.
Plakkers vir Loslitdag kan reeds by APD (Association for People with Disabilities) gekoop word.
Die jaar het APD ook met ‘n wisseltrofee vir meeste plakkerverkope asook vir Best dress.
Vir meer inligting kontak Lisa Cooper by 044 279 7559.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’