Sedert vroeg Saterdagmiddag, 1 Desember het honderde mense op die feesterrein toegesak en gedeel in die vieringe, terwyl almal gewag het dat uitvoerende burgemeester, Charles Standers George se Kersliggies aanskakel. Feesgangers het gedans, gesing en gedeel in al die vermaak wat deur die loop van die dag aangebied is.
In sy toespraak met die aanskakel van die liggies, het Standers gesê dit moet elke Georgiet se strewe en verantwoordelikheid wees om van George 'n suksesverhaal te maak. "
Die jaar 2012 snel teen 'n verbysterende spoed ten einde. In ons reflektering van die jaar kyk ons terug na die aantal suksesse wat die stadsraad, tesame met die amptenare van die George-munisipaliteit behaal het. Dankie aan elkeen wat 'n groot bydrae hiertoe gelewer het."
Ten opsigte van Kersfees het hy gesê: "Geboorte word altyd geassosieer met die ontstaan van, om voort te bring, om die lig te laat sien, begin van lewe en nuwe begin en nuwe uitdagings.
"Dit is veral tydens die Kersseisoen dat ons herinner word aan die onvoorwaardelike, onbeskryflike en allesomvattende liefde van ons Hemelse Vader wat Hy aan elkeen van ons geopenbaar het. Hy het Sy alles gegee sodat ons ook dit alles kan ervaar.
"Ek doen 'n beroep op elke inwoner en besoeker om hierdie gesindheid van medemenslikheid, goddelike liefde en onvoorwaardelike verdraagsaamheid te openbaar."
* Last Saturday's Festival of Lights saw hundreds of Georgians gather at Unity Park to take part in the festival. People danced and enjoyed the festivities from early in the afternoon, waiting for the Executive Mayor, Charles Standers to switch on the Christmas lights.Standers said: "Light is associated with peace, goodwill, happiness, love, joy, hope and life. Let this be our attitude, our lifestyle and conduct, not only for the festive season but for the days and years to come.

Honderde mense het tot laat Saterdagaand gedeel in die Liggiefees in Yorkstraat.
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS