Video
GEORGE NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Inwoner van die Kraaibosch Country Estate is bekommerd oor die waterpypnetwerk wat volgens hom ten minste 10 keer in die afgelope jaar se tyd op verskeie plekke water gelek het.
Dit veroorsaak nie net 'n groot vermorsing van water nie, maar plaveisel en die padoppervlak bly in die slag elke keer wanneer herstelwerk gedoen word, sê Ruben Venter.
"Kraaibosch-aftreeoord, die gedeelte waar ek woon, is maar enkele jare oud.
"Infrastruktuur wat so jonk is behoort nie soveel probleme te gee nie. 'n Mens begin wonder of dit so sal aanhou."
Die jongste pypbreuk was op Maandag 15 Januarie toe die water onder die plaveisel by die afdeling vir verswakte persone uitgeborrel het en 'n groot deel van die parkeerarea onder water was.
Die ingenieurs op die projek, Kantey& Templer, het by navraag gesê foute kan insluip, selfs waar al die faktore tydens tydenskonstruksiewerk ten beste bestuur word om 'n kwaliteit produk te lewer.
Kyk 'n video hieronder:
'n Deel van die pypleiding is vroeër vervang nadat dit bevind is dat foutiewe materiale tydens installasie gebruik is.
Hy het die munisipaliteit 'n pluimpie gegee omdat hulle herstelwerk vinnig verrig en watertoevoer elke keer ná 'n pypbreuk gou herstel.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
ARTIKEL & VIDEO: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'