GEORGE NUUS - Die NYRI (National Youth Research Institution) van Blanco se 5 km-pretloop, KOMRUN, op Saterdag 8 Januarie was 'n groot sukses met 50 hardlopers wat dit ondersteun het.
Die organiseerders beoog om dit voortaan kwartaalliks aan te bied.
"Dit is 'n geleentheid waardeur die NYRI positiewe verhoudings wil bou in en rondom gemeenskappe en vorm deel van hulle programme vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling," het Deirdré Fernandez, een van die organiseerders, gesê.
KOMRUN is aangebied in samewerking met die Blanco-gemeenskapsforum en ander nie-winsgewende organisasies in Blanco asook hulp van raadslede van die woonbuurt.
"Ons bedank graag ons borge wat die dag vir ons moontlik gemaak het. Hulle is Blanco-apteek, Engen-vulstasie, Loeriebakkery, Golden Harvest, Food Lover's Market, New Dimension, Fire House, Bicycle Garage, EDENfm, Mr Ice en Mr Ree Studio. Ons vertrou dat meer mense die geleentheid in die toekoms sal steun en ook so bydra tot positiewe verhoudinge en verandering in ons gemeenskappe," het Fernandez gesê.
Vir meer inligting oor die programme wat NYRI, 'n nie-winsgewende organisasie, aanbied, bel Hyron Bessie by 065 915 6760.
Jerome Verland (regs), wenner in die mansafdeling, ontvang sy prys van onderburgemeester Raybin Figland.
Die 10-jarige Chelsea Maritz was die eerste dame oor die wenstreep. Onderburgemeester Raybin Figland het haar prys oorhandig.
Hardlopers wat NYRI se pretloop ondersteun het, van links: Whayn Windwaai, Durando Aweries, JD van Schhalkwyk en Jerome Verland (mansafdelingwenner).
Vrolike hardlopers in die mooi omgewing van Blanco.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'