Gallery
GEORGE NUUS - Opkomende jong kunstenaars van One Love Art Studio het uitstekend gevaar by die Tuinroete Eisteddfod 2022.
Hulle uitslae was soos volg: A+++: 7; A++ : 12; A+ : 10; A: 4; B+ : 2; B: 2. Die tema was New Beginnings.
Die kunstenares, Marita Bezuidenhout (alias Sophia Seegers), wat die kunsskool bestuur, het gesê dit was baie van die kinders se heel eerste uitstalling. Hulle het 38 kunswerke ingeskryf waarvan 97% 'n A-simbool of hoër ontvang het.
A+++ het gegaan aan Fanie Wasserman (kategorie 5 jaar en jonger), Milla Wasserman (8), Megan Vorster (8), Nicola Abrie (12), Jean-Mari Burger (14), Arian Marx (14) en Chloë Malgas-Kelpin (17).
"Twee outistiese kinders het A++ ontvang. Chris Birrell het ook sy skildery, Running towards a brighter future, vir R3 000 verkoop. Nick Gomersall se skildery Youniqk was tekenend van sy unieke kunsstyl," het Bezuidenhout gesê.
FOTOGALERY: Jong kunstenaars oes A's in by eisteddfod
Die ander kunstenaars wat A++ ontvang het, is Jasmin Henke (17), Emma Rae Armstrong (15), Iscke Milé Franck (12), Amélie van Niekerk (10), Leo Lombard (10), Karien Steenkamp (10), Alexa Stahmer (9), Klara Potgieter (8), Emile van Heerden (8) en James Rautenbach (7).
Fanie Wasserman (kategorie 5 jaar en jonger) se 'Groovy life cycle train'.
Chris Birrell se 'Running towards a brighter future'.
Chloe Malgas Kelpin (17) se 'Genesis'.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'