Gallery
GEORGE NUUS - Kinders in Rosemoor het Sondag breed geglimlag toe hulle tydens Jeugdagvieringe op perde- en ponieritte geneem is.
Dit was deel van Jeugdagvieringe wat georganiseer is deur die Outeniqua HOP Movement en die Pacaltsdorp Riding Club. Die vieringe is Maandag in New Dawn Park, Pacaltsdorp voortgesit.
Van die kinders was aanvanklik bietjie skrikkerig om op die perde en ponies te klim, maar na aanmoediging van maatjies en hul ouers, het hulle opgeklim en die ritte baie geniet. Later het van die kinders in Francisstraat opgedaag en tot 17:00 na heerlike musiek geluister.
Paulen Alaart, voorsitter van die Pacaltsdorp Riding Club het gesê hulle wil kinders weg hou van misdaad. Hein Scheepers, woordvoerder van die Outeniqua HOP Movement, het gesê die Jeugdagvieringe was 'n groot sukses.
Die plan is om dit weer volgende jaar te hou.
"Ons wil help om mense se menswaardigheid te bevorder. Die kinders het dit geniet en hul voete was op die grond. Die kinders het die perdry geniet en ook saam gedans."
Hulle is gemotiveer en geïnspireer om aktief in die gemeenskap te wees. Diego Jefthas (15) het kinders op ritte geneem met 'n perd, Boeta. Hy kom oorspronklik van Kaapstad en het die naweek in George gekuier. Een van die redes waarom die kinders op die ritte geneem is, is om hulle te laat voel hoe ry 'n perd. Volgens hom is Jeugdag belangrik.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'