GEORGE NUUS - Die insittendes van voertuie wat Saterdagaand (4Junie) omstreeks 18:20 in Beachweg, Pacaltsdorp in ‘n ongeluk betrokke was, is net lig beseer. Die ongeluk het naby die Hoërskool Pacaltsdorp plaasgevind.
Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het Sondag by navraag gesê voorlopige inligting dui daarop dat drie voertuie, ‘n wit Colt Bakkie, ‘n grys BMW en ‘n groen Opel Corsa in ‘n kettingbotsing betrokke was.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Die omstandighede wat gelei het tot die botsing vorm deel van die ondersoek.
“Die insittendes het volgens rekord net ligte beserings opgedoen. Gevolglik is geen kriminele saak aanhangig gemaak nie, maar net ‘n botsings verslag is geopen.”
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'