GEORGE NUUS - 'n Projek om Kretzenshoop Primêr se parkeerterrein te plavei is onlangs begin danksy ruim skenkings uit verskeie oorde.
PPC het die grond voorberei, Fancourt het die stene en Kirsten en Tulleken die sand geskenk, en een van die skool se ouers, Desmond Kleinbooi, het gehelp om die stene te lê. Rugbyspeler Zane Kirschner, ondersteun ook die projek.
Die skoolhoof, Elton Titus, sê dis iets wat die skool al baie lank begeer. Die terrein is 'n modderbad wanneer dit reën.
"Ons is baie dankbaar teenoor ons donateurs wat die bal aan die rol gesit het. Slegs 'n gedeelte is nou voltooi, maar ons hoop op verdere skenkings om die hele area netjies te kan maak."
Persone wat kan hand bysit of graag 'n skenking wil maak, kan Elton Titus bel by 044 870 7470.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'