Update
TUINROETE NUUS - Die omvang van skade aan strande in Mosselbaai nadat branders van tot 7m hoog die gebied getref het moet nog bepaal word.
Strande wat Diasstrand, Danabaai en Klein-Brakrivier insluit, bly voorlopig gesluit.
Inwoners van Heroldsbaai wat onder teen die see bly is intussen aangesê om hul wonings te ontruim.Krag sal na bewering tot 10 dae vat om in die gebied te herstel.
Tuinroete-distriksmunisipaliteit se munisipale woordvoerder, Marlene Nqumse sê verskeie strukture in die gebied is beskadig en privaat eiendomme in onder meer Heroldsbaai naby George het ook deurgeloop.
In slegs die Mosselbaai gebied is skade aan minstens 26 strande aangerig. Nqumse sê die skoonmaak van strande sal more begin.
Skade is ook aangerig by Diasstrand en Klein-Brakrivier in Mosselbaai en sand is op sommige plekke tot op parkeerareas gestort.
Intussen sê die Departement van Water en Sanitasie dat dit weer hoogwater in die Tuinroete vanmiddag om 16:50 sal wees.
Branders van tot 4.5m hoog word verwag en inwoners word versoek om strandgebiede te vermy.
Vorige artikels:
- Reusebrander eis 'n lewe by Leentjiesklip
- Rough seas claim first victim (93)
- High tide wreaks havoc on Garden Route beaches
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’