Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Meer as 50 hardlopers het gisteraand, Dinsdag 21 Desember, die strate van Denneoord ingevaar en vreugde gebring as deel van 'n "liggie-draf".
Hulle het 'n draai in Oewerstraat gemaak waar R1 900 ingesamel is vir Jana Human, een van die straat se geliefde inwoners.
Die 7-jarige Jana het leukemia en ontvang behandeling in die Kaap. Die hardlopers het ook 'n draai in Ribbokstraat gemaak waar Luhan Smit (9) hulp insamel vir diere in diereskuilings.
Van die hardlopers het dierekos vir sy projek geskenk. Diana Mouton, een van die organiseerders van die liggie-draf, het gesê dit was 'n spontane gebaar en die hardlopers het dit baie geniet.
Colette Rossouw, 'n inwoner van Oewerstraat, het gesê hulle is baie dankbaar dat die hardlopers Jana ondersteun het.
Video: Colette Rossouw, 'n inwoner van Oewerstraat, vertel meer.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'