Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Sekere mense doen dinge uit die goedheid van hul harte, en een so 'n persoon is Werner Erasmus-Le Grange van George.
Werner en sy vriende hou vreeslik van dans en ook van goed doen vir ander.
"Ons het besluit ons wil iets goed doen, maar mense moet dit geniet, en 'n dans was die perfekte ding."
Hy het van sy vriende genader met die idee vir 'n dans met musiek wat hulle as kinders geluister het en wat hul ouers in en rondom die huis gespeel het. Dis hoe die projek gebore is met 'n 60's tema, ten bate van JJ Watson tehuis vir bejaardes.
Volgens Werner het mense van oral gekom en was daar net meer as 400 mense vir 'n groot kuier in die burgersentrum. Hulle het groot pryse opgeveil en die geld wat ingesamel is, is Dinsdag aan Okkie Stander, bestuurder van die tehuis oorhandig. Okkie het die storie met die inwoners gedeel wat so in vervoering gebring is deur die goeie daad dat hulle vir Werner gesing het om dankie te sê.
"Ons gaan die geld gebruik om iets te koop wat die tehuis nodig het," het Stander gesê.
Volgens Werner het hulle net meer as R14 000 ingesamel. "Ons hoop om volgende keer meer mense te kry en hopelik meer geld in te samel."
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'