GEORGE NUUS - Die 27ste George-oumotorskou is tans goed op dreef by die sportterrein van Hoër Tegniese Skool Eden, in Unionstraat.
Ofskoon die fokus vanjaar op Duitse vernuf is, met pragversamelings van Mercedes-Benz-, BMW, Volkswagen and DKW-modelle, bied hierdie jaarlikse skou ‘n ongelooflike verskeidenheid klassieke voertuie wat beide kenners en nuuskieriges sal interesseer. Kinders onder 12 kan gratis toegang kry tot die skouterrein.
Kaartjiepryse Saterdag 10 Februarie: hoërskoolleerders betaal R70 by die hek (R50 aanlyn); pensionarisse R100 by die hek (R80 aanlyn) en volwassenes R120 (R100 aanlyn). Vir aanlyn kope, besoek itickets.co.za
Vir Sondag 11 Februarie: hoërskoolleerders R70 (R50 aanlyn), pensioenarisse R70 (R50 aanlyn) en volwassenes R100 (R80 aanlyn).Superperformance Coupe (1964/65), The Parnell Bruce Collection.
Sondag kan gesinne die opgewekte wysies van die Internasionale Oompah Band van 11:00 tot 14:00 geniet, vir ‘n bietjie Duitse feestelikheid.
Motors, vragmotors, motorfietse en trekkers sal te sien wees, asook stilstaande industriële enjins. 'n Afdeling vir motorfietse sal 50 cc-fietse uit die 1960's en 70's, of buzz-bikes soos hulle destyds genoem is, sowel as klassieke motorfietse insluit.
Die George-oumotorskou duur van 08:00 tot 18:00 op Saterdag 10 Februarie en van 08:00 tot 14:00 op Sondag 11 Februarie.
'n Fees vir die oog.
Klassieke wiele by George-oumotorskou. Foto's: Michelle Pienaar
Herbie. Foto: Kristy Kolberg
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’