Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die George laerskole skaaktoernooi het vanjaar 11 skole en sowat 107 deelnemers. Dit is ook die vyfde jaar wat Laerskool George-Suid die toernooi aanbied sê Karen Adendorf, een van die koördineerders.
Vandag neem o.7 tot o.9 leerders deel.
George Swart wat 'n arbiter is, sê so 'n toernooi is goeie ontwikkeling vir 'n beginner en het baie voordele vir so 'n kind.
Adendorf sê elke kind gaan vandag 'n sertifikaat ontvang, die top tien gaan ook elk 'n sertifikaat kry en top drie kry elk 'n medalje.
Kyk 'n video hieronder:
Leerders besig om hul plekke in te neem. Laerskool George-Suid se skoolsaal is vol deelnemers vir wie dit die eerste kompetisie is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'