Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - 'n Gesellige atmosfeer het vanoggend by die ou tolhuis in die histories Montagupas geheers.
As deel van Erfenisdagvieringe het die Donkiekar-boereorkes van Hoekwil opgetree.
Patrick Botto van die Vereniging van Mond en Voetskilders het gewys dat niks in sy pad staan en het met 'n verfkwas in sy mond aan 'n skildery gewerk.
Daar was ook 'n uitstalling van veteraan motors. 'n Geesdriftige groep vrywilligers het reeds van vroeg met verfkwasse en emmertjies kalk die Cradockroete aangedurf.
Die roete is reeds in 1812 gebou en die groep vrywilligers het vandag van die bakens opnuut op die roete gaan verf.
VIDEO: Dis Erfenisdag - 24 September
VIDEO: Erfenisdag-vieringe by ou Tolhuis
Van die kleurryke blomme vandag by die tolhuis.
'n Gesellige atmosfeer het vanoggend by die ou tolhuis geheers.
Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'