GEORGE NUUS - Emmaüs Beskermde Werksentrum vir Intellektuele Gestremdes se jaarlikse Kersmark vind vanjaar op Saterdag 2 Desember plaas op hulle perseel in Memoriumstraat.
Emmaüs se inwoners, dagbesoekers en personeel werk al vir maande om produkte van hoogstaande gehalte teen bekostigbare pryse gereed te hê vir die mark.
Heerlike eetgoed gaan te koop wees waaronder pannekoek, vetkoek en kerrie-en-rys, ‘n gebaktafel wat oorloop van lekkernye, ‘n varsgroente- en vleistafel en natuurlik, basaarpoeding.
Besoek gerus ook die tweedehandseklerestalletjie, boekestalletjie en die lieflike hout- en handwerkareas vir pragtige Kersgeskenke.
Die hekke open om 08:00 waarna die pret sal duur tot 13:00. Eden FM gaan besoekers deurentyd vermaak met lekker musiek en interessante stories.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’