GEORGE NUUS - Drie van die vier polisiebeamptes, wat by 'n onderonsie in die aanklagkantoor van Conville-polisiestasie betrokke was, is tans geskors hangende die uitkoms van hul tugverhoor.
'n Video van die voorval in Mei is wyd op sosiale media versprei en het hewige reaksie ontlok. Dit was ook George Herald se voorbladstorie (Hugo, bel Bheki Cele, 14 Mei).
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, is tugstappe teen al vier beamptes geneem, en drie is intussen geskors. Twee van die beamptes wat by die voorval betrokke was, is lede van Conville-polisie, en twee is lede van Pacaltsdorp-polisie.
Die voorval het op 7 Mei in die aanklagkantoor by Conville-polisiestasie plaasgevind. In die video is 'n vroulike beampte van Conville-polisie en 'n beampte van Pacaltsdorp-polisie, in 'n geveg betrokke.
"Hierdie is 'n interne aangeleentheid tussen die werkgewer en die werknemer, daarom sal geen verdere inligting op hierdie stadium bekendgemaak word nie," het Pojie gesê.
Disciplinary steps were instituted against four members of the police in connection with a fight between Conville and Pacaltsdorp police members on 7 May in the charge office of Conville police station. Three members are suspended pending the outcome of their disciplinary hearings. A video of the incident was widely circulated on social media. The police is handling the matter internally.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'