Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die uitdagings waarmee die jeug van 2023 te doen kry is vandag, 16 Junie, in die kollig in George. Dit is vandag 47 jaar gelede dat die jeug in Soweto in opstand gekom het. In die nuwe politieke bedeling word Jeugdag elke jaar op 16 Junie gevier.
Vandag se Jeugdag-geleentheid in George is die Wes-Kaapse provinsiale Jeug Expo. Meer as 'n 1000 jeugdiges van regoor die streek, Beaufort-Wes en selfs Kaapstad woon dit by.
Ray Carstens, lid van die plaaslike reëlingskomitee, sê ouderdomme van die jeug wissel tussen 15 en 35.
Daar is 40 uitstallers en 10 jong entrepreneurs. Die doel is om jongmense blootstelling te gee aan werksgeleenthede en opleidingsgeleenthede.
Die geleentheid word ook bygewoon deur Sharna Fernandez, Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling. Sy het 'n beroep op die jeug gedoen om elke dag as hulle opstaan 'n verskil te probeer maak.
VIDEO - Provincial Youth Expo in George:
VIDEO - Minister praat by Jeugdag-geleentheid:
Foto's - Die provinsiale Jeug Expo in George:
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’