Gallery
TUINROETE NUUS - Die kroning van die tweede Crawlers & Crowns Little Mr / Miss Eden SA asook die Crawlers & Crowns-kompetisie vir babas en kinders tot 12 jaar oud, is verlede naweek in Mosselbaai gehou.
Die organiseerder, Karen Gray, sê Crawlers & Crowns ondersteun die Cats Garden Route, Odin asook die PDSA.
Gray sê hulle ondersteun die organisasies met donasies wat elke deelnemer inbring. Die kompetisie is op 18 Mei by die Diaz Hotel gehou.
Die organiseerder sê hulle is gelukkig om fantastiese borge te hê wat hulle elke jaar ondersteun.
Op 27 Desember, gaan hulle die tweede Teen, Miss en Mrs & Mr Eden SA-kompetisie hou by die Garden Route Casino. En intussen, sê Gray, gaan hulle ook op 20 Julie die Eden SA top-modelkompetisie hou.
Sy sê die wenner kry 'n gratis inskrywing na die Top-model SA nasionale kompetisie.
Hou die Crawlers & Crowns Facebook-blad dop vir al die inligting.
Die wenners van Crawlers & Crowns en Little Mr / Miss Eden SA 2019.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'