GEORGE NUUS - Drie huisgesinne van Moeggehuur, 'n plakkerskamp in New Dawn Park, is dakloos gelaat na 'n brand in die vroeë oggendure uitgebreek het. Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
Volgens Theresa Fortuin, 'n gemeenskapsleier van die gebied, het die brand omstreeks 02:00 vanoggend by die een hut uitgebreek, waarna dit na twee ander hutte versprei het.
''Die munisipaliteit en brandweer het vinnig opgetree en hulp verleen. Die huisgesinne - 15 mense altesaam - word tans in die gemeenskapsaal in New Dawn Park gehuisves,'' het sy gesê.
Twee hutte het met alle inhoud tot op die grond afgebrand terwyl 'n derde hut gedeeltelik beskadig is.
Daleen Fortuin, 'n bestuurslid van Moeggehuur, het alles in die brand verloor.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'