Gallery
GEORGE NUUS - Laerskool Blanco het hul jaarlikse Tjokkerdag op 2 Junie gehou.
Daar was 11 laerskole van die omgewing se Graad 1 tot 3 rugby- en netbalspanne wat aan hierdie gewilde byeenkoms deelgeneem het.
Die oggend het op 'n koue noot begin, met 'n skamele 10 ºC, en daar was menigte gevriesde tone op die rugbyveld! Maar soos die temperatuur gestyg het, het die spelpyl van die spelers ook gestyg.
Al die spanne het hulle harte uitgespeel, en dit was 'n heerlike oggend van drieë druk en doele skiet.
Laerskool Blanco se o. 8 netbalspan is, agter van links: Jané Swart, Rosslyn Squair, Lu-say Matroos en Norma Walters. Voor: Amber Swart, Nina van Niekerk en Hayley Botha.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'