Die politikus het sy vrou na bewering voor 23:00 gisteraand aangerand toe sy en die paartjie se minderjarige kind by hul woning (wat in die Conville-polisiëringsarea val) aangekom het.
Die rusie het hom tot in die pad voor die paartjie se huis afgespeel.
Die vrou en kind is daarna saam met die polisie na die Conville-polisikantoor waar sy ‘n klag ingedien het, en albei na verneem word trauma-berading ontvang het.