GEORGE NUUS - Een persoon is vroeër vanmiddag gehospitaliseer ná 'n ongeluk op die Outeniquapas.
Volgens inligting het die bestuurder van 'n wit NP200 Nissan-bakkie onderweg na George, beheer oor sy voertuig om 'n draai verloor.
Die bakkie het die spermuur getref waarna dit gerol het.
Die man is op die toneel deur ER 24-paramedici behandel waarna hy na die hospitaal geneem is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'