Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het twee swemmers Saterdagmiddag omstreeks 16:15 by Wildernis in die moeilikheid beland toe hulle deur sterk strome ingetrek is.
Een swemmer, 'n onbekende man, is veilig deur 'n brander uit die see gebring, maar mnr. Gerald Akakios (48) van Las Vegas in Amerika het gesukkel om kop bo water te hou.
Torsten Henschel, 'n ervare NSRI-swemmer, het uitgeswem na Akakios en hom met 'n dryf-apparaat bo die water gehou. Beide is kort daarna deur die stasie se reddingsboot, die Swart Tobie, uit die water gehaal.
Akakios is op die strand deur nooddienswerkers ondersoek, maar is nie beseer nie.

Die NSRI se reddingsboot, Die Swart Tobie, pik Akakios op uit die water.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS