TUINROETE DISTRIKSNUUS - AfriForum het vroeër die maand ‘n immuunstelsel-inisiatief van stapel gestuur vir die bevordering van gesondheid en veral immuniteit in gemeenskappe tydens die Covid-19-pandemie, asook met die naderende winterseisoen voor hande.
As deel hiervan het hulle op 20 en 21 Mei naartjies by Huis Vygieshof in Calitzdorp, Bellingham Hof en Coronation Huis vir Bejaardes in Oudtshoorn, Rosemore -tehuis vir bejaardes in George en Hartenbos-versorgingsoord geskenk.
'n Totaal van ongeveer 275kg naartjies is by die tehuise afgelewer.
Volgens Arno Greyling van AfriForum Suid-Kaap, kom die naartjies hoofsaaklik uit die Oudshoorn-omgewing en sal daar weer naartjies afgelewer word in die nabye toekoms.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete Distriksnuus'