GEORGE NUUS - Twee voetgangers is na die hospitaal vervoer nadat hulle in New Dawnpark raakgery is.
Die voorval het omstreeks 16:30 plaasgevind.
Volgens 'n ooggetuie op die toneel het 'n rooi Opel die man en 'n vrou op die hoek van Proteastraat en Sierrissiestraat getref.
"Hy het uit Proteastraat in Sierrissiestraat ingeswaai, skielik gestop en agteruit gekry toe hy hulle hard tref. Die bestuurder het uitgeklim, sorry gesê en die mense op die sypaadpaadjie gesit en al aan gery. Van die mense hier ken die bestuurder, hulle sê hy is 'n reservis," vertel die ooggetuie.
ER24 was gou op die toneel om die beseerdes te behandel voordat hulle na die hospitaal geneem is. Die aard van hul beserings is onbekend.
Die polisie was ook op die toneel om inligting te kry oor die voorval.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'