TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
ushabti
ushabti (u-shab-ti) s.nw., ushabti’s of onveranderd ushabti. Selde ook ushapti.
Enigeen van gewoonlik ’n groot aantal figuurtjies, tipies van hout, klip of terracotta, met inskripsies versier en 10 – 25 cm hoog, wat in antieke Egipte saam met ’n mummie in die graftombe geplaas is, en wat die diensknegte voorgestel het wat in die hiernamaals die afgestorwene sou bedien, veral as landarbeiders:
’n Ushabti is saam met mense begrawe sodat hulle in die hiernamaals vir die mense kan werk (Republikein, 26 Apr. 2017, E). Ushabti’s, klein figure van werkers — slawe en ander personeel — sou in die hiernamaals lewend word en weer die gestorwene dien soos in die lewe (LitNet, 18 Mei 2010, E).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’