GARDEN ROUTE | KAROO NEWS - South African sculptors are eligible for this year’s Helgaard Steyn Award.
This prestigious annual award recognises excellence in four disciplines, alternating between musical composition, painting, literature and sculpture.
Past recipients of the Helgaard Steyn Award for Sculpture include renowned artists David Brown (1989), Jackson Hlungwani (1993), Gert Swart (1997), Willem Boshoff (2001), Jan van der Merwe (2005), Andrieta Wentzel (2009), Wim Botha (2013), Angus Taylor (2017) and Mary Sibande (2021).
Work produced between 2021 and 2024 can be entered – including free-standing pieces and constructions, works in relief, and indoor or open-air installations in any permanent medium, including ceramics.
The work must have been offered for purchase to the public or be currently displayed in a public space.
Art museums, galleries and their appointees, curators, art consultants and arts practitioners are invited to nominate artworks by submitting a statement of motivation, a curriculum vitae of the sculptor and the details of the artwork (including visual documentation) for the consideration of a panel of adjudicators, chaired by Dr. Louisemarié Combrink from North-West University with Prof. Janine Allen-Spies from the University of the Free State and Mr. Andrew Lamprecht, a curator at the Iziko South African National Gallery.
The deadline for nominations is 28 April 2025. Visit the website www.helgaardsteynawards.co.za for more information as well as the nomination form.
The prize money is adjusted annually, and is one of the largest art awards in the country.
___________________________________________________________________________________
Beeldhouers aan die beurt vir 2025 se gesogte Helgaard Steyn-prys
Suid-Afrikaanse beeldhouers kom vanjaar in aanmerking vir die gesogte Helgaard Steyn-prys wat al om die vier jaar toegeken word aan uitmuntende werk in een van vier kunsdissiplines: musiekkomposisie, skilderkuns, letterkunde en beeldhou.
Van die land se voorste beeldhouers is al voorheen met dié prys vereer: David Brown (1989), Jackson Hlungwani (1993), Gert Swart (1997), Willem Boshoff (2001), Jan van der Merwe (2005), Andrieta Wentzel (2009), Wim Botha (2013), Angus Taylor (2017) en Mary Sibande (2021).
Inskrywings vir werk voltooi tussen 2021 en 2024 word ingewag. Dit behels losstaande beelde en konstruksies, reliëfwerk en binnenshuise of opelug-installasies in enige permanente medium, insluitend keramiek. Die werk moes te koop gewees het vir die publiek op ’n uitstalling of moet nou in ’n openbare ruimte besigtig kan word.
Kunsmuseums, galerye, kurators, kunskonsultante en kunste-administrateurs word aangemoedig om beeldhouers in te skryf.
Die benoeming moet vergesel wees van ’n motivering, ’n curriculum vitae en besonderhede rakende relevante kunswerke (insluitend visuele dokumentasie), waaroor ’n paneel beoordelaars uiteindelik sal besin.
Die paneel is onder leiding van dr. Louisemarié Combrink van die Noordwes-Universiteit en sluit ook in prof. Janine Allen-Spies van die Universiteit van die Vrystaat en mnr. Andrew Lamprecht, ’n kurator verbonde aan die Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum.
Die sluitingsdatum vir benoemings is 28 April 2025 en meer inligting oor die prys asook die benoemingsvorm is beskikbaar op die webwerf www.helgaardsteynpryse.co.za.
Die prysgeld word jaarliks aangepas en is een van die grootste kunstepryse in die land.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’