Video
GEORGE NEWS - Tertuis Simmers, die DA se Wes-Kaapse leier, was vanoggend, 27 Mei, een van die eerste mense om ‘n spesiale stem uit te bring.
Hy het kort voor 10:00 by die Rosemoor-sportstadion in George opgedaag om te stem. Hy is Woensdag in Kaapstad om sy pligte as provinsiale leier ook daar na te kom.
Simmers, wat sterk bande met George het en hier as kieser geregistreer is, was optimisties oor die DA se kanse in die verkiesing.
Simmers het gesê hy was binne vier minute klaar gestem. Hy het lof gehad vir die OVK-personeel. “Hulle was baie professioneel en behulpsaam.”
Kort nadat Simmers gestem het, het Derick Petersen, streekleier van die PA in die Tuinroete, ook gaan stem. Hy glo steeds die party gaan vir verassings sorg in die uitslae.
Naby die ingang van die klubhuis waar die stembus is, het ‘n gemoedelike atmosfeer geheers. Ondersteuners van die DA en PA het stalletjies beman.
Video:
Derick Petersen, streekleier van die PA in die Tuinroete, kort nadat hy vanoggend gestem het. Foto: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’