Gallery
GEORGE NUUS - Buiten die dreigende reën was talle kiesers Maandagoggend gereed en paraat om hul kruisies by Pine Lodge (wyk 22) te trek.
Die stemlokaal het wel effens laat oopgemaak, wat 'n lang tou afwagtende kiesers veroorsaak het. Maar selfs dit kon hulle nie stuit nie. Sowat 1 500 mense het hier gestem en die dag het redelik vlot verloop.
'n Jolige luim het in Rosedale (wyk 14) geheers.
Met George Herald se aankoms was alles op die oog af rustig met 'n handjie vol inwoners in die ry om hul kruisies te trek by die stemlokaal by die gemeenskapsaal in Genesisstraat.
Fotogalery: Election Day in George
Buiten harde vlae reën wat by tye kom inloer het, was die dag andersins 'n sukses sonder enige voorvalle. In die agtergrond het politieke partye by hul stalletjies geskerts en nou en dan het 'n party sy naam uitgeroep.
Die PBI was volstoom by die stemlokaal in Rosedale.
'n Redelike lang ry mense was gereed om hul kruisies te trek ná die stemlokaal by Pine Lodge omstreeks 07:15 oopgemaak het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'