GEORGE NEWS - Na byna drie maande is daar steeds geen teken van die vermiste sakevrou van George, Bonnie Brink-Lawrence (62) nie.
Sy staar verskeie aanklagte van bedrog in die gesig nadat minstens ses persone klagtes teen haar ingedien het.
Die klaers beweer dat hul geld wat hulle deur Brink-Lawrence se maatskappy, BBL Global Corporation belê het, weg is. Die geld was veronderstel om in die buiteland belê te word.
Intussen is 'n lasbrief vir Brink-Lawrence se inhegtenisname uitgereik.
Die plaaslike polisie het sowat 'n maand gelede die hulp van die internasionale polisiëringsorganisasie, Interpol, ingeroep om haar op te spoor.
Brink-Lawrence is na bewering op 15 Januarie laas deur haar man, Quentin, gesien wat haar ook as vermis aangemeld het.
Hy het vroeër aan George Herald gesê dat sy vrou sedert Desember verlede jaar bewus was van die aantygings teen haar.
"Kliënte het haar sedert verlede jaar met klagtes ge-SMS. Ek vermoed sy het geweet, aangesien sy my vertel het dat sommige van die kliënte gedreig het om na die polisie te gaan."
Lt.kol. Malcolm Pojie, die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het vandeesweek by navraag weer gesê die ondersoek na die bedrogklagtes is op 'n sensitiewe stadium, maar dat vordering gemaak word.
Vorige artikels:
‘We bring you the latest Garden R